Agt jaar gelede het Janco en Melandri mekaar vir die eerste keer opgemerk en die vriendskap het vinnig in iets besonders gegroei. 30 Maart 2017 vra Janco vir Melandri om sy meisie te wees op hulle plaas. Na byna agt jaar vol liefde, geluk en onvergeetlike herinneringe, vra hy vir Melandri op dáárdie spesiale plek om sy vrou te wees!
Hulle reis saam het 'n nuwe begin gekry, en die paartjie is opgewonde om die volgende hoofstuk van hul lewens as 'n getroude paartjie aan te pak.
J&M